Friday 27 April 2012

Vryheidsdag

               So 'n vakansiedag by die huis gee n mens tyd om te dink. Terwyl jy wasgoed was of kos maak of tuinwerk doen, dink jy oor dinge. Onbeplan kom sit die gedagtes hier op jou skouer, langs jou ore, en praat allerhande praatjies. 
          Jy luister maar, daar is nie veel wat jy kan doen aan gedagtes wat praat nie. Dinge van gister en eergister en lank gelede kom praat met stemme so helder soos winkelwater. Mooi dingetjie en snaakse goedjies, ja. Maar ook seerkry praatjies wat jou briek.  Sommer jou lus vir die Vryheidsdag se lekker kom wegvat.
           Dalk ook goed so. Soms wil jou lyf bietjie rus op so bonus vakansiedaggie. Dan pak ons vroumense mos sewe dae se werk aan. Maak onsself so moeg dat ons moet rus as die langnaweek om is.
Neem nou maar die vryheid om kalm en rustig te wees, se ek toe maar vir myself en sit en ontspan. Kuier met manlief en die kinders. En kom net oor die dolle gejaag (in die jongmense se taal) die werk raak in elk geval nooit klaar nie..

No comments:

Post a Comment