Saturday 1 December 2012

My loflied van dank vir vandag.


Die Bosveld is toegemaak onder ‘n wolkekombers. Dit reën sag en aanhoudend en elke nou en dan sak daar so lekker harde bui uit. Die bome se blare, die gras, selfs die modder blink. Net soos die mense wat met dowwe oë geloop het, se oë ook nou van blydskap blink.

Ek sê ook dankie vir 'n Lenmarie wat in my lewe gekom het en my verseker het dit is ‘fine’ om na drie jaar nog te rou. Om nie oukei te wees al probeer jy ook hoe hard.
En baie dankie dat my kind so wonderlike baas het. Die Here seën in oorvloed!