Ons smag soms na
vrede
hunker na liefde
vra dalk vrae oor die
lewe:
Die hoekoms en
waaroms
en verdraaide daaroms
die raaisel van
vrouwees...
Wie sal dit raaksê :
die hart van ‘n vrou
ons word in boksies
geplaas
Hoe weet die wêreld
wat ek wil hê?
emosies kan my soms
so sag toevou
dan weer soos ‘n
storm oor my blaas.
Voel jy soms soos ek
so broos?
nie opgewasse vir jou
taak
vir God se werk
kragloos?
Het ons vergeet Wie’t
ons geskape –
So volmaak?
Jou krag – vrou - is
oud soos tyd
Tog elke dag nuut
deur die Gees.
Om deur Christus
verlos te wees
Gee krag, skenk ons
die Ewigheid!
No comments:
Post a Comment