Thursday 16 April 2015

BLIKVOËL



Nooit het ek kon dink, kon glo
Dat ek die blikkerige voël,
die koue vliegmasjien
As vroulik wese sou aansien
wat met haar oorvol pens die aarde hierdie kant verlaat
om uit daai oorvol pens my kind en ander land te laat


Sy styg daar op, so grasieus
lig daai voël haar ysterneus
Minute later, weg is sy.
Ek wat stom hier agterbly…


En wie weet hoeveel vrae
lewensdramas, tornado’s
Oor ons heen koppe gaan tier
Voor my hart se oorloop
Jou tuiskoms juigend vier


Ek liefhaat elke vliegmasjien
Totdat my oog die dag sal sien
Dat een vyand-vrou my kind
Weer veilig huis toe bring.

No comments:

Post a Comment