ERFGOED
Die mense wat ek
liefhet
bly diep hier in my
hart
soos skakels in ’n
ketting
bind ’n band van bloed
ons diepste wese saam.
Herrinnering – ’n goue
draad;
geen teespoed, siekte;
selfs die dood
kan ons hiervan beroof.
Van waar, menslief
en waarheen?
Van waar familie
en waarheen nou?
In liefde saam op pad.
Ons erfenis ’n goue
pand.
Ons Christenskap
aan moedersknie geleer;
sien ons almal, eendag
soos vandag,
mekaar daar weer!
No comments:
Post a Comment