Sunday 17 July 2011

DIE PERIWINKLES PRAAT

Grys, grou en stowwerige
winteroutokraat wat nie laat los
nog oulaas koue winde los wil laat.
Kyk die periwinkles praat.

Pers en teer en taai
 kan periwinkles harder praat
as al die winterhaat

Eerste Lentebloeisels doodgeskroei.
Het jul te gou gewaag?
Aalwynkoppe gister bloedrooimooi,
hang ook jou kop nou laag?

Lente is vanjaar so traag,
 dis droog, so leweloos.
Wrede vuur deur wind gejaag
laat slegs swart dood.

Kyk mooi, die Periwinkles praat.
Is jou siel dor en droog
bind die winter nog jou hart?
benewel doodsheid jou verstand?
Luister mens, ons Meester praat!


No comments:

Post a Comment