Wednesday, 8 July 2015
Sunday, 28 June 2015
WINTER MAGIC
There is a
certain magic in the warmth of the winter sun in the Bushveld. Early in the
morning you can feel the bite of the winter on your skin. Your nose, ears and
your fingers will complain about the harshness of the winter, but suddenly
after ten or eleven, cosiness, appear. The same sun that can burn down with
fire on you in summer will cuddle you now and give you a gentle warm massage.
Ek voel
altyd die warmte van die wintersonnetjie om my soos die genade van die Here wat
my sag omvou. Ek wil dit koester en tjoepstil sit sodat die gevoel nog so
rukkie langer kan aanhou.
Sunday, 14 June 2015
A NEW PERSPECTIVE ON MOTHERS DAY
Once
a year we put one day apart to celebrate Mothers day.
A day especially for
Mothers.
Between
all the - thank you, the hugs and kisses, and gifts, there is a lot of pain.
The pain of barren unfulfilled Motherhood.
When
everybody is celebrating the joy of being a mother and child there are
undetected moments of sighs and tears in the corners of eyes. Moments that
pass, but the pain in the hearts of these women takes years to heal.
How
many years can a woman wait and hope? Unfulfilled keep on waiting and hoping? To
accept at last that nothing is going to happen… to go through all the options;
all the painful motions and – nothing.
The baby room still quiet and empty.
Mother’s day is no chocolate heart day for such women.
But one day – in heaven – we will understand why Mums
with empty arms and hearts full of love had to stay empty handed.
And children – sometimes praying for a mother – have to
go to bed alone some nights.
Thursday, 16 April 2015
BLIKVOËL
Nooit het ek kon dink, kon glo
Dat ek die blikkerige voël,
die koue vliegmasjien
As vroulik wese sou aansien
wat met haar oorvol pens die aarde hierdie kant verlaat
om uit daai oorvol pens my kind en ander land te laat
Sy styg daar op, so grasieus
lig daai voël haar ysterneus
Minute later, weg is sy.
Ek wat stom hier agterbly…
En wie weet hoeveel vrae
lewensdramas, tornado’s
Oor ons heen koppe gaan tier
Voor my hart se oorloop
Jou tuiskoms juigend vier
Ek liefhaat elke vliegmasjien
Totdat my oog die dag sal sien
Dat een vyand-vrou my kind
Weer veilig huis toe bring.
Wednesday, 8 April 2015
Coetzee Familie/ Family
Deep inside
every one of us there is something.
A tiny spark,
that piece of DNA that connects us. That blood that flows- no crawls- over
mountains, through rivers and long stretches of land.
That makes
emotions come alive when I hear your name, see your photo or when the phone
rings and I see your number on the screen.
Somewhere along
the road our spouses join us. They grow part of us in such a way that it
becomes bloodlove.
Togother we
form a team – to others just next of kin –
In God’s eye a
special family.
Let us make
our Creator proud wherever we are, whatever we do. All glory to him our Saviour
and Friend!
Binne almal van ons is 'n splintertjie iets.
Die stukkie DNA wat ons bind.
Die bloedeeltjie wat kruip oor vlaktes,
berge en oseane
Wat emosies laat regop spring as ek jou
naam hoor,
Jou foto sien of die foon lui en die
skermpie wys jou nommer.
Iewers langs die pad kom ons wederhelftes
by ons aansluit. Hulle groei so vas aan ons menswees dat die band wat ons bind
hulle insluit in ons bloedliefde.
Saam maak ons 'n span – in gewone taal ‘n
familie –
in God se oë ‘n spesiale huisgesin.
Wat ons as familie dan doen – saam of
wanneer ons oor die aarde versprei is – laat ons alles doen tot eer van God-Drie-Enig,
ons Verlosser en Vriend!
Sunday, 29 June 2014
Hurt /Eina
Mom
did you forget
About
the umbilicus cord
Remember,
when I was born?
Was
is the doctor then
Neglecting,
not dutiful at all
The
cause of all this blood?
Four
years and add to that one half
Fifty
that is it in months
Half
a hundred counts
My
bleeding heart.
Mom
why did you not make sure
The
umbilicus cord was properly cut!
Ma, het jy vergeet
van die naelstring?
by geboorte, onthou?
Was dit die dokter
so nalatig, so ontrou
wat my nou nog so laat bloei?
In jare vier en nog 'n half
in maande meer as vyftig.
'n Halwe honderd se rou
se stukkende hart.
Moet my kinders verstaan
die skielike lastige traan
my man die bewende lip
die ewig’ soekend blik?
Ma kon jy nie kyk
dat iemand die naelstring knip!
Friday, 11 April 2014
Genade
“Tanna, ons moet
praat.”
Die woorde val soos
klippe op Arista se hart. Magdelie se gunstelingfrase wanneer moeilikheid wit
in die blom staan.
“Wat
is fout,” kry sy tussen stywe lippe uit.
“Niks,
my Tanna. Hoekom?” Magdelie klink heel kalm. Nie so passief gespanne soos
destyds toe sy 'n tiener was nie.
“Praat
met my,” sê Arista
“Ons
praat vanaand, chiau,” sê sy voor sy aflui.
Arista het geweet dit
sal haar inhaal. Eendag gaan daardie stukkende verdwaalde dogtertjie haar verskyning
maak. Die bang seerkry ogies gaan terugkyk uit die spieël uit. Sy draai van
die spieël afweg, storm blindelings by die agterdeur uit en vee trane met die
agterkant van haar hand af. Terwyl die trane al vinniger loop, kies sy koers na
die kliprandjie waar sy al haar seer gaan bêre.
“Ma,
ek sukkel. Ek kom nie reg nie!” Sy skree dit uit. Nege maande, dit is hoe lank
Ma dood is. Van sperm tot fetus totdat 'n baba gebore kan word. So lank sukkel sy nou al.
Bloei sy by die gat waar haar hart seergekry het.
Moes
Ma dan nou al doodgaan? Sy was tog nie so oud nie? Sy sak stadig op 'n warm gebakte
klip neer en begin snikkend huil. Die seerste snikke sedert haar boet se dood.
Toe het sy ook so
geween. Hoe verstaan enige mens selfmoord? Hoe verstaan jy dat hy geglo het hy
was so alleen op aarde? Dat nie een van die wat hom lief gehad het hom kon help?
Was hy so alleen in sy binneste?.
Nou
is sy sommer weer by die seer van haar standerd ses jaar ook.
“Onthou
Ma, my naaldwerk juffrou? Die kort enetjie in standerd ses? Sy het my sy nogal
aan Ouma laat dink.” 'n Nuwe stortvloed van trane.”Totdat sy haar mond
oopgemaak het. Dit was gewis my eerste kennismaking met snydende sarkasme”.
Snikke
en luide neusblaas. “En my slegte naaldwerkpunte, Ma. Dit was daai simpel teddiebeer
wat weggeraak met die trek. Ek het geweet daar was nie geld vir ander materiaal
en simpel opstopsels nie. Sy het my doodeenvoudig 'n ronde nul gegee.”
Sy staan op van die
klip af. Op vyftig sit 'n klip in die veld nie meer so lekker nie. Sy stap 'n entjie.
Praat weer met haar ma.
“Dit
was 'n bitter slegte jaar, Ma. Onthou Ma hoe ons moes aanpas as plaaskinders
op die dorp. Ek wil nie daaraan dink. Ek het gesweer ek is klaar met daardie
gevoel.”
Sy
gaan sit weer, die keer op 'n skewe Kareestomp.
“Ek
wou nooit weer soos die patrys tussen 'n klomp papegaaie
voel nie.
En
dit is presies hoe sy gevoel het toe hulle ontdek het sy kan nie kinders hê nie. Elke
keer wanneer almal gekoer het oor hulle swangerskappe en babas, was sy weer die
vaal patrysie.
Sy
sak vooroor en rus haar kop op haar knieë. So sit sy en huil tot daar later net droë snikke by haar rou keel
uitkom. Doodmoeg bly sy net so sit. Hoe nou vorentoe?
Sy moet vorentoe ter wille van Magdelie. Haar grootmaakkind. Die rebel
de lux.
Bloed van haar bloed. Maar die Here alleen
weet in haar hele samestelling is nie genoeg rebelsheid om te verstaan waar een
gram van Magdelie se rebelsheid vandaan kom nie.
Sy het geglo dit gaan beter noudat die kind
getroud is...
Rook op skool was slegs die tippie van die ysberg. Magdelie het alles
probeer.
“Tanna kom haal my, ek is by die sokkie
uitgegooi,”is woorde wat sy dikwels moes hoor. Dan moes sy rooigesig die hoof
gaan aandurf.
“Tanna, ek staan op die hoek van die straat,
kom haal my,” as sy dink Magdelie lê rustig en slaap. Philip het meer as een
keer amper die kind te lyf gegaan as sy uitgeglip het na een of ander klub.
Hoe het hulle die kind groot gekry? Genade
op genade. Slegs haar belofte aan haar oorlede suster het haar menige dae
staande gehou.
Daar was selfs die steel episodes toe
Magdelie voor die tronkdeure gaan draai het. Of dit haar 'n les geleer het,
weet sy wat Arista is, nou nog nie. Vanoggend se oproep maak haar so bang, haar
maag trek op een groot knop.
Dit is hoe Philip haar kry en saggies aan die skouer vat. Sy skrik
geweldig groot en vir 'n oomblik weet sy nie of sy moet vlug of veg nie.
“Haai, wat is dit dan? Jy is so hartseer dat
jy my nie eens hoor aankom nie,” vra hy sag.
“Ek...” sy sug diep en sidderend “Ek dink
ons afvlerkvoëltjie is weer in die moeilikheid...”
Hy vou haar in sy arms toe en gee haar kans
om eers kalm te word.
“Weet jy wat gebeur het?”
Sy gee 'n skewe glimlaggie. “Nee, jy weet
hoe sy is, net gesê ons moet praat.”
Hy kyk haar verwonderd aan. “Jou gedagtes hardloop
omtrent draaie. Jy weet nog nie eens of daar regtig fout is nie.”
“Philip, ek het die kind grootgemaak vandat
sy veertien jaar oud was. Ek is seker skrikkerig met rede.”
“Nogtans, kalmeer, en wag tot hulle kom
voordat jy jouself in 'n toestand opwerk. Kom ons gaan huis toe.”
Toe hulle by die huis kom staan die kinders se kar reeds voor die deur.
Dadelik is die knop terug op Arista se maag.
Magdelie groet haar met 'n stywe drukkie. Sy
dink terug aan die begin jare. Daar was maar min kontak. Hulle twee het
behoorlik die liefde in-baklei.
Philip draai nie doekies om nie.
“Uit daarmee, waaroor moet ons praat?”
Magdelie trek haar wenkbroue op en kyk na
Arista. Dis duidelik dat sy die nuus so bietjie wou uitrek.
“Groot nuus,” sê sy. “ ons het spesiaal vir
julle kom vertel dat julle oupa en ouma gaan word.”
Arista voel-voel vir 'n stoel en sak
woordeloos neer.
“Is julle dan nie bly nie? Tanna?” Sy kyk
afgehaal na Arista.
Die trane spat behoorlik en Arista soek
verwoed na 'n sneesdoekie.
“Bly? Ag, my liefkindjie, bly begin nie eens
om te sê hoe ek voel nie!”
Subscribe to:
Posts (Atom)

