Sunday, 23 August 2015

VROUWEES

Ons smag soms na vrede
hunker na liefde
vra dalk vrae oor die lewe:
Die hoekoms en waaroms
en verdraaide daaroms
die raaisel van vrouwees...

Wie sal dit raaksê :
die hart van ‘n vrou
ons word in boksies geplaas
Hoe weet die wêreld wat ek wil hê?
emosies kan my soms so sag toevou
dan weer soos ‘n storm oor my blaas.

Voel jy soms soos ek so broos?
nie opgewasse vir jou taak
vir God se werk kragloos?
Het ons vergeet Wie’t ons geskape –
So volmaak?

Jou krag – vrou - is oud soos tyd
Tog elke dag nuut deur die Gees.
Om deur Christus verlos te wees

Gee krag, skenk ons die Ewigheid!

Wednesday, 8 July 2015

Piazza Duomo, Milan, Italy

What a previlege it was to visit this beautiful catedral in Milan in 2009. Onbeskryflik mooi!

Sunday, 28 June 2015

WINTER MAGIC

There is a certain magic in the warmth of the winter sun in the Bushveld. Early in the morning you can feel the bite of the winter on your skin. Your nose, ears and your fingers will complain about the harshness of the winter, but suddenly after ten or eleven, cosiness, appear. The same sun that can burn down with fire on you in summer will cuddle you now and give you a gentle warm massage.


Ek voel altyd die warmte van die wintersonnetjie om my soos die genade van die Here wat my sag omvou. Ek wil dit koester en tjoepstil sit sodat die gevoel nog so rukkie langer kan aanhou.

Sunday, 14 June 2015

A NEW PERSPECTIVE ON MOTHERS DAY


Once a year we put one day apart to celebrate Mothers day. 
A day especially for Mothers.
Between all the - thank you, the hugs and kisses, and gifts, there is a lot of pain. The pain of barren unfulfilled Motherhood.
When everybody is celebrating the joy of being a mother and child there are undetected moments of sighs and tears in the corners of eyes. Moments that pass, but the pain in the hearts of these women takes years to heal.
How many years can a woman wait and hope? Unfulfilled keep on waiting and hoping? To accept at last that nothing is going to happen… to go through all the options; all the painful motions and – nothing.
The baby room still quiet and empty.
Mother’s day is no chocolate heart day for such women.
But one day – in heaven – we will understand why Mums with empty arms and hearts full of love had to stay empty handed. 

And children – sometimes praying for a mother – have to go to bed alone some nights.

Thursday, 16 April 2015

BLIKVOËL



Nooit het ek kon dink, kon glo
Dat ek die blikkerige voël,
die koue vliegmasjien
As vroulik wese sou aansien
wat met haar oorvol pens die aarde hierdie kant verlaat
om uit daai oorvol pens my kind en ander land te laat


Sy styg daar op, so grasieus
lig daai voël haar ysterneus
Minute later, weg is sy.
Ek wat stom hier agterbly…


En wie weet hoeveel vrae
lewensdramas, tornado’s
Oor ons heen koppe gaan tier
Voor my hart se oorloop
Jou tuiskoms juigend vier


Ek liefhaat elke vliegmasjien
Totdat my oog die dag sal sien
Dat een vyand-vrou my kind
Weer veilig huis toe bring.

Wednesday, 8 April 2015

Coetzee Familie/ Family

Deep inside every one of us there is something.
A tiny spark, that piece of DNA that connects us. That blood that flows- no crawls- over mountains, through rivers and long stretches of land.
That makes emotions come alive when I hear your name, see your photo or when the phone rings and I see your number on the screen.
Somewhere along the road our spouses join us. They grow part of us in such a way that it becomes bloodlove.
Togother we form a team – to others just next of kin –
In God’s eye a special family.
Let us make our Creator proud wherever we are, whatever we do. All glory to him our Saviour and Friend!



Binne almal van ons is 'n splintertjie iets.
Die stukkie DNA wat ons bind.
Die bloedeeltjie wat kruip oor vlaktes, berge en oseane
Wat emosies laat regop spring as ek jou naam hoor,
Jou foto sien of die foon lui en die skermpie wys jou nommer.

Iewers langs die pad kom ons wederhelftes by ons aansluit. Hulle groei so vas aan ons menswees dat die band wat ons bind hulle insluit in ons bloedliefde.
Saam maak ons 'n span – in gewone taal ‘n familie –
in God se oë  ‘n spesiale huisgesin.
Wat ons as familie dan doen – saam of wanneer ons oor die aarde versprei is – laat ons alles doen tot eer van God-Drie-Enig, ons Verlosser en Vriend!


Sunday, 29 June 2014

Hurt /Eina


Mom did you forget
About the umbilicus cord 
Remember, when I was born?
Was is the doctor then
Neglecting, not dutiful at all
The cause of all this blood?


Four years and add to that one half
Fifty that is it in months
Half a hundred counts
My bleeding heart.

Mom why did you not make sure

The umbilicus cord was properly cut!


Ma, het jy vergeet
van die naelstring?
by geboorte, onthou?

Was dit die dokter
so nalatig, so ontrou
wat my nou nog so laat bloei?

In jare vier en nog 'n half
in maande meer as vyftig.
'n Halwe honderd se rou
se stukkende hart.

Moet my kinders verstaan
die skielike lastige traan
my man die bewende lip
die ewig’ soekend blik?

Ma kon jy nie kyk


dat iemand die naelstring knip!






Friday, 11 April 2014

Genade


“Tanna, ons moet praat.”
Die woorde val soos klippe op Arista se hart. Magdelie se gunstelingfrase wanneer moeilikheid wit in die blom staan.
“Wat is fout,” kry sy tussen stywe lippe uit.
“Niks, my Tanna. Hoekom?” Magdelie klink heel kalm. Nie so passief gespanne soos destyds toe sy 'n tiener was nie.
“Praat met my,” sê Arista
“Ons praat vanaand, chiau,” sê sy voor sy aflui.
Arista het geweet dit sal haar inhaal. Eendag gaan daardie stukkende verdwaalde dogtertjie haar verskyning maak. Die bang seerkry ogies gaan terugkyk uit die spieël uit. Sy draai van die spieël afweg, storm blindelings by die agterdeur uit en vee trane met die agterkant van haar hand af. Terwyl die trane al vinniger loop, kies sy koers na die kliprandjie waar sy al haar seer gaan bêre.
“Ma, ek sukkel. Ek kom nie reg nie!” Sy skree dit uit. Nege maande, dit is hoe lank Ma dood is. Van sperm tot fetus totdat 'n baba gebore kan word. So lank sukkel sy nou al. Bloei sy by die gat waar haar hart seergekry het.
Moes Ma dan nou al doodgaan? Sy was tog nie so oud nie? Sy sak stadig op 'n warm gebakte klip neer en begin snikkend huil. Die seerste snikke sedert haar boet se dood.
Toe het sy ook so geween. Hoe verstaan enige mens selfmoord? Hoe verstaan jy dat hy geglo het hy was so alleen op aarde? Dat nie een van die wat hom lief gehad het hom kon help? Was hy so alleen in sy binneste?.
Nou is sy sommer weer by die seer van haar standerd ses jaar ook.
“Onthou Ma, my naaldwerk juffrou? Die kort enetjie in standerd ses? Sy het my sy nogal aan Ouma laat dink.” 'n Nuwe stortvloed van trane.”Totdat sy haar mond oopgemaak het. Dit was gewis my eerste kennismaking met snydende sarkasme”.
Snikke en luide neusblaas. “En my slegte naaldwerkpunte, Ma. Dit was daai simpel teddiebeer wat weggeraak met die trek. Ek het geweet daar was nie geld vir ander materiaal en simpel opstopsels nie. Sy het my doodeenvoudig 'n ronde nul gegee.”
Sy staan op van die klip af. Op vyftig sit 'n klip in die veld nie meer so lekker nie. Sy stap 'n entjie. Praat weer met haar ma.
“Dit was 'n bitter slegte jaar, Ma. Onthou Ma hoe ons moes aanpas as plaaskinders op die dorp. Ek wil nie daaraan dink. Ek het gesweer ek is klaar met daardie gevoel.”
Sy gaan sit weer, die keer op 'n skewe Kareestomp.
“Ek wou nooit weer soos die patrys tussen 'n klomp papegaaie                                                     voel nie.
En dit is presies hoe sy gevoel het toe hulle ontdek het sy kan nie kinders hê nie. Elke keer wanneer almal gekoer het oor hulle swangerskappe en babas, was sy weer die vaal patrysie.
Sy sak vooroor en rus haar kop op haar knieë. So sit sy en huil tot daar later net droë snikke by haar rou keel uitkom. Doodmoeg bly sy net so sit. Hoe nou vorentoe?
Sy moet vorentoe ter wille van Magdelie. Haar grootmaakkind. Die rebel de lux.
Bloed van haar bloed. Maar die Here alleen weet in haar hele samestelling is nie genoeg rebelsheid om te verstaan waar een gram van Magdelie se rebelsheid vandaan kom nie.
Sy het geglo dit gaan beter noudat die kind getroud is...
Rook op skool was slegs die tippie van die ysberg. Magdelie het alles probeer.
“Tanna kom haal my, ek is by die sokkie uitgegooi,”is woorde wat sy dikwels moes hoor. Dan moes sy rooigesig die hoof gaan aandurf.
“Tanna, ek staan op die hoek van die straat, kom haal my,” as sy dink Magdelie lê rustig en slaap. Philip het meer as een keer amper die kind te lyf gegaan as sy uitgeglip het na een of ander klub.
Hoe het hulle die kind groot gekry? Genade op genade. Slegs haar belofte aan haar oorlede suster het haar menige dae staande gehou.
Daar was selfs die steel episodes toe Magdelie voor die tronkdeure gaan draai het. Of dit haar 'n les geleer het, weet sy wat Arista is, nou nog nie. Vanoggend se oproep maak haar so bang, haar maag trek op een groot knop.
Dit is hoe Philip haar kry en saggies aan die skouer vat. Sy skrik geweldig groot en vir 'n oomblik weet sy nie of sy moet vlug of veg nie.
“Haai, wat is dit dan? Jy is so hartseer dat jy my nie eens hoor aankom nie,” vra hy sag.
“Ek...” sy sug diep en sidderend “Ek dink ons afvlerkvoëltjie is weer in die moeilikheid...”
Hy vou haar in sy arms toe en gee haar kans om eers kalm te word.
“Weet jy wat gebeur het?”
Sy gee 'n skewe glimlaggie. “Nee, jy weet hoe sy is, net gesê  ons moet praat.”
Hy kyk haar verwonderd aan. “Jou gedagtes hardloop omtrent draaie. Jy weet nog nie eens of daar regtig fout is nie.”
“Philip, ek het die kind grootgemaak vandat sy veertien jaar oud was. Ek is seker skrikkerig met rede.”
“Nogtans, kalmeer, en wag tot hulle kom voordat jy jouself in 'n toestand opwerk. Kom ons gaan huis toe.”
Toe hulle by die huis kom staan die kinders se kar reeds voor die deur.
Dadelik is die knop terug op Arista se maag.
Magdelie groet haar met 'n stywe drukkie. Sy dink terug aan die begin jare. Daar was maar min kontak. Hulle twee het behoorlik die liefde in-baklei.
Philip draai nie doekies om nie.
“Uit daarmee, waaroor moet ons praat?”
Magdelie trek haar wenkbroue op en kyk na Arista. Dis duidelik dat sy die nuus so bietjie wou uitrek.
“Groot nuus,” sê sy. “ ons het spesiaal vir julle kom vertel dat julle oupa en ouma gaan word.”
Arista voel-voel vir 'n stoel en sak woordeloos neer.
“Is julle dan nie bly nie? Tanna?” Sy kyk afgehaal na Arista.
Die trane spat behoorlik en Arista soek verwoed na 'n sneesdoekie.

“Bly? Ag, my liefkindjie, bly begin nie eens om te sê hoe ek voel nie!”

Monday, 31 March 2014

Mooi oomblikke

Elke dag sorg vir sy eie mooi oomblikke. Soos die vier seisoene spog met unieke eienskappe. My spesiale mooi vir die dag was die vere op die kapokhaantjie en hennetjie. Die fraaiste patrone; elke veertjie afsonderlik omlyn, kunstig asof 'n kunstenaar fyntjies met 'n dun kwassie elke strepie omlyn het.
Dit laat my dink aan ons mooi land se unieke streke. Elke streek het sy eie besonderse mooi en nie een is beter of mooier as die ander nie.  Elke plek is wel op 'n ander manier mooi en uniek.
Hier by ons in die boswêreld kan dit wreed warm raak. Warm en droog. Soms so stowwerig dat selfs jou kleintongetjie na 'n rëenbuitjie smag.
 Dan maak God Sy wolkekamers oop en was alles skoon en blink. In 'n ommesientjie verander die wêreld rondom ons in 'n groen paradadys. 'n Fees van groene omring jou. Karee en Olienhout kompeteer met Witstinkhout en Soetdoring en onderlangs pryk varings en grasse in nog meer skakering van groen.

As die son ondergaan, word alles stil in my. Geen foto of skildery kan presies dit weergee wat ons hier beleef. Soos 'n wonderskone geskenk dag na dag ontvang ons hierdie sonsondergange. 'n Beeld om vas te vang en te bêre in die skatkis van ons geheue. 

Thursday, 27 March 2014

DIE PLOEG

Ek klief jou sooie vlymskerp oop

die aarde bars ek kraak

sensasie diep en aards ontplof

geure uit die aarde grof 

as jy oopbars onder my

my lemme deur jou gly

tril my skare van plesier

Dit juig in tone ongekend

ek bewe soos ´n dier 

‘wyl ek jou aansig skend.

Ons weet dis tydelik, 

gewasse gaan groei

uit die wonde 

waar jy stofrooi bloei.



Sunday, 12 May 2013

Moeder-moedersdag

Een keer per jaar staan ons een dag af om Moeders te vereer. 
En te midde van al die dankies en drukkies en gedeelde oomblikke van liefde is daar die seer. Die seer van onvervulde moederskap. Wanneer almal deel in die mooi en lekkerte van kind en moederskap is daar onderdrukte sugte en blink oë wat skelm afgevee word.

Hoeveel jaar kan ‘n vrou wag en hoop? Onvervuld wag en hoop. Eindelik aanvaar dat hierdie moederskoot leeg sal bly...  as al die opsies deurgeworstel is, nie een vir jou beskore was. 
Die kinderkamer steeds stil en leeg. Dan is Moedersdag nie 'n hartjie- sjokolade-dag.
Maar eendag - in die hemel – sal ons verstaan hoekom Mamma’s met hul arms leeg en harte oorvol liefde moes bly staan. 
En kinders wees, en smagtend na 'n Mamma, saans alleen bed toe moes gaan.

Friday, 10 May 2013

ERFGOED


ERFGOED

Die mense wat ek liefhet
bly diep hier in my hart
soos skakels in ’n ketting
bind ’n band van bloed
ons diepste wese saam.

Herrinnering – ’n goue draad;
geen teespoed, siekte;
selfs die dood
kan ons hiervan beroof.

Van waar, menslief
en waarheen?
Van waar familie
en waarheen nou?
In liefde saam op pad.

Ons erfenis ’n goue pand.
Ons Christenskap
aan moedersknie geleer;
sien ons almal, eendag
soos vandag,
mekaar daar weer!

PROESELTJIES


 Kortverhalebundel verkrygbaar by www.afna.co.za 

'n Bundel sketse oor die alledaagse lewe. Sommige snaaks, soms hartseer. 
Ander sommer net lekker stories oor doodgewone mense.


Saturday, 1 December 2012

My loflied van dank vir vandag.


Die Bosveld is toegemaak onder ‘n wolkekombers. Dit reën sag en aanhoudend en elke nou en dan sak daar so lekker harde bui uit. Die bome se blare, die gras, selfs die modder blink. Net soos die mense wat met dowwe oë geloop het, se oë ook nou van blydskap blink.

Ek sê ook dankie vir 'n Lenmarie wat in my lewe gekom het en my verseker het dit is ‘fine’ om na drie jaar nog te rou. Om nie oukei te wees al probeer jy ook hoe hard.
En baie dankie dat my kind so wonderlike baas het. Die Here seën in oorvloed!

Tuesday, 27 November 2012

Vandag se dankie-porsie

Elke dag het genoeg aan sorge, maar..
daar is so baie om voor dankie te sê!
Vanoggend het die voëls my wakker gejubel
Die natuur juig oor die reën wat geval het.
Ek sê dankie, dankie Heer.

Sunday, 28 October 2012

Die Ploeg






Ek klief jou sooie vlymskerp oop

Die aarde bars ek kraak

En sensasie diep en aards ontplof

Geure uit die aarde grof

As jy oopbars hier onder my

my lemme deur jou gly

tril my skare van plesier

Dit juig in tone ongekend

Ek bewe soos ´n dier

‘wyl ek jou aansig skend.

Ons weet dis tydelik,

Gewasse gaan groei

uit die wonde

waar jy stofrooi bloei.

Friday, 13 July 2012

Na die nag


NA-NAG / LATE NIGHT

LATE NIGHT

O quiet warm night around me. How unresponding you can be
My thoughts attack me, to merciless drag me down.
When I’m wide awake with worries that’s the boss of me

O Lord, please come wait with me, the dawn must soon appear
Teach me, in this dark world to wait for you Son so dear
Comfort me when I get overwhelmed by storms in life
Make me the lamp that lead the lost from dark to light




Die stil warm nag om my. ´n Swygsame metgesel
Met gedagtes wat my bespring en genadeloos neer wil  fel
As die slaap my ontwyk en die kommer my amper onderkry

Kom dan o Heer, en wag saam met met my vir die nuwe dag om te kom.
Leer my om so in die donker wêreld te wag op die dag wat U kom
Troos my as die stroms van wanhoop my omring
En bly só  in my dat ek U ook na ander kan bring.

Friday, 29 June 2012

Ai daai Denimbroek



Het jy al ooit mooi gekyk hoeveel Denims jy sien as jy in 'n groot inkopiesentrum rondloop? Sjoe...
Dis maer denims, vet denims, donker denims, ligte denims, stywe denims en pap denims. Daar is grys denims, donker bloues, ligte bloues, swart denims, grys denims en minder algemeen nog ander kleure ook.
Party het wit strepe wat jou laat dink aan boude wat deurgesit is. Of wit strepe hier voor, wat lyk soos Jik wat simmetries verkeerd gegaan het. Wat natuurlik glad nie waar is nie! Spesiaal so vervaardig, vir effek. Ander is deftig met blinkers en borduurwerk, bypassende bostuk en al.
Daar is die oorpeul denim. Die broek maak net die helfte toe en die res van die mens peul oor. Reg langs die oorpeul-denim loop die sak-denim. Die ou binne in die denim, kan nog sy buurman ook huisves. Elke soort bostuk in die heelal word saam met denims gedra.
Skoene ook, plakkies, hoë hak sandale, moddertrappers, en dan die rasegte duur etiket tekkies wat so handskoen mooi by die regte denim pas.
Skielik kom 'n ouerige dame met 'n broekpakkie verby. Nie 'n denim nie; ‘n mooi sagte broekpak van sagte vroulike materiaal, met 'n syerige bloesie wat pas. Soos 'n vars briese staan sy uit.
Ek het regtig niks teen denims nie, dis net so vervelig om almal met dieselfde broeke te sien. En party so slordig! Pluk hom aan en daar gaan ek. Want almal doen dit.
Die aller maklikste uitweg. Somer, winter, lente herfs, die denim doen die ding.

Thursday, 28 June 2012

Wenk van die dag


As jy vinnig 'n platlaken in 'n paslaken moet verander, knoop die vier hoeke elkeen afsonderlik en siedaar! 'n Kits paslaken.