Sunday 23 August 2015

VROUWEES

Ons smag soms na vrede
hunker na liefde
vra dalk vrae oor die lewe:
Die hoekoms en waaroms
en verdraaide daaroms
die raaisel van vrouwees...

Wie sal dit raaksê :
die hart van ‘n vrou
ons word in boksies geplaas
Hoe weet die wêreld wat ek wil hê?
emosies kan my soms so sag toevou
dan weer soos ‘n storm oor my blaas.

Voel jy soms soos ek so broos?
nie opgewasse vir jou taak
vir God se werk kragloos?
Het ons vergeet Wie’t ons geskape –
So volmaak?

Jou krag – vrou - is oud soos tyd
Tog elke dag nuut deur die Gees.
Om deur Christus verlos te wees

Gee krag, skenk ons die Ewigheid!